Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 12:13-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Ek sal ook My net oor hom uitsprei en hy sal in My strik gevang word en Ek sal hom na Bavel, na die land van die Kasdeërs bring; tog sal hy dit nie sien nie, alhoewel hy daar sal sterf.

14. Almal wat rondom hom is, sy helpers en al sy troepe, sal Ek na al die windstreke verstrooi en Ek sal die swaard agter hulle uittrek.

15. So sal hulle weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek hulle onder die nasies verstrooi en hulle oor die lande uitsprei.

16. Ek sal egter ’n paar van hulle laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes sodat hulle al húlle verwerplikhede onder die nasies kan vertel waar hulle ook al gaan en mag weet dat Ek יהוה is.”

17. Verder het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

18. “Seun van ’n mens, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en benoudheid drink.

19. Dan moet jy vir die mense van die land sê: ‘So sê יהוה-God aangaande die inwoners van Yerushalayim, in die land van Yisra’el: “Hulle sal hul brood met benoudheid eet en hulle water met afgryse drink omdat hulle land van sy volheid gestroop sal word vanweë die geweld van almal wat daarin woon.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 12