Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 12:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Hierdie las geld vir die prins in Yerushalayim en vir die hele huis van Yisra’el wat daarin is.’”

11. Sê: ‘Ek is ’n teken vir julle. Soos ek gedoen het, so sal dit met julle gedoen word; julle sal in ballingskap gaan, in gevangeskap.’

12. Die prins wat onder julle is, sal dit in die donker op die skouer sit en uitgaan. Hulle sal ’n gat in die muur grawe om dit uit te bring. Hy sal sy gesig bedek sodat hy nie die land met sy oog kan sien nie.Yir 52:7-; 2 Kon 25:4-7

13. Ek sal ook My net oor hom uitsprei en hy sal in My strik gevang word en Ek sal hom na Bavel, na die land van die Kasdeërs bring; tog sal hy dit nie sien nie, alhoewel hy daar sal sterf.

14. Almal wat rondom hom is, sy helpers en al sy troepe, sal Ek na al die windstreke verstrooi en Ek sal die swaard agter hulle uittrek.

15. So sal hulle weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek hulle onder die nasies verstrooi en hulle oor die lande uitsprei.

16. Ek sal egter ’n paar van hulle laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes sodat hulle al húlle verwerplikhede onder die nasies kan vertel waar hulle ook al gaan en mag weet dat Ek יהוה is.”

17. Verder het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

18. “Seun van ’n mens, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en benoudheid drink.

19. Dan moet jy vir die mense van die land sê: ‘So sê יהוה-God aangaande die inwoners van Yerushalayim, in die land van Yisra’el: “Hulle sal hul brood met benoudheid eet en hulle water met afgryse drink omdat hulle land van sy volheid gestroop sal word vanweë die geweld van almal wat daarin woon.

20. Die bewoonde stede sal woes gelaat word en die land sal ’n verlatenheid wees. So sal julle weet dat Ek יהוה is.”’”

21. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 12