Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 11:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Verder het die Gees my opgelig en my gebring na die oostelike poort van die huis van יהוה wat na die ooste kyk en let op, by die ingang van die poort was daar vyf en twintig man en onder hulle het ek vir Ya’azanyah, die seun van `Azzur en P’latyahu, die seun van B’nayahu, leiers van die volk, gesien.

2. Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, hierdie is die manne wat onregverdigheid uitdink en bose raad gee in hierdie stad,

3. wat sê: ‘Is die tyd nie naby om huise te bou nie? Hierdie stad is die pot en ons is die vleis.’

4. Profeteer daarom teen hulle, seun van ’n mens, profeteer!”

5. Toe val die Gees van יהוה op my en Hy sê vir my: “Sê: ‘So sê יהוה: “So het julle gedink, huis van Yisra’el, want Ek ken julle gedagtes.

6. Julle het die wat deur julle verslaan is, in hierdie stad vermenigvuldig en julle het sy strate vol gemaak met hulle.”

7. יהוה-God sê daarom: “Die wat deur julle verslaan is, wat in die middel van die stad neergelê is, is die vleis en hierdie stad is die pot, maar Ek sal júlle daar uitbring.

8. Julle het ’n swaard gevrees; Ek sal ’n swaard oor julle bring,” verklaar יהוה-God.

9. Ek sal julle uit die stad uitbring en julle oorgee in die hand van vreemdelinge en oordele teen julle fel.

10. Julle sal deur die swaard val. Ek sal jou tot by die grens van Yisra’el oordeel; so sal julle weet dat Ek יהוה is.

11. Hierdie stad sal nie vir julle ’n pot wees nie en júlle sal ook nie vleis binne-in dit wees nie, maar Ek sal julle oordeel tot by die grens van Yisra’el.

12. So sal julle weet dat Ek יהוה is, want julle het nie in My instellings geleef of My wette uitgevoer nie, maar opgetree volgens die wette van die nasies wat rondom julle is.”’”

13. Dit het gebeur terwyl ek profeteer dat P’latyahu, die seun van B’nayah, gesterf het. Toe het ek op my gesig neergeval en hardop uitgeroep en gesê: “Ag, יהוה-God, sal U ’n volledige einde maak aan dié van Yisra’el wat oorgebly het?”

14. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 11