Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 10:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Dit het gebeur toe Hy die man wat in linne aangetrek is beveel en gesê het: “Vat vuur van tussen die draaiende wiele, van tussen die gérubs uit,” hy ingegaan en langs ’n wiel gaan staan het.

7. Toe steek ’n gérub sy hand uit van tussen die gérubs, af na die vuur wat tussen die gérubs was, vat daarvan en gee dit in die hande van die man wat in linne aangetrek is; wat dit gevat en uitgegaan het.

8. Dit het gelyk of die gérubs die vorm van ’n mens se hand onder hulle vlerke het.

9. Toe het ek gekyk en let op, vier wiele langs die gérubs; een wiel langs elke gérub en die voorkoms van die wiele was soos die kleur van topaas (beril).

10. Wat hulle voorkoms betref, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof een wiel binne-in ’n ander wiel was.

11. Wanneer hulle beweeg, het hulle in enige van hulle vier rigtings beweeg sonder om te draai as hulle beweeg, maar hulle het gevolg in die rigting waarheen hulle kyk, sonder om te draai as hulle beweeg.

12. Hulle hele liggaam, hulle rûe, hulle hande, hulle vlerke en die wiele was vol oë reg rondom, die wiele het aan al vier van hulle behoort.

13. Die wiele is voor my ore “draaiende wiele” genoem.

14. Elkeen het vier gesigte gehad: die eerste gesig was die gesig van ’n gérub, die tweede gesig die gesig van ’n mens, die derde die gesig van ’n leeu en die vierde die gesig van ’n arend.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 10