Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 10:17-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Wanneer die gérubs stilstaan, staan die wiele stil en wanneer hulle opstyg, sal die wiele saam met hulle opstyg, want die gees van die lewende wesens was in hulle.

18. Toe het die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה vanaf die drumpel van die tempel vertrek en oor die gérubs gaan staan.

19. Toe die gérubs weggegaan het, het hulle hul vlerke opgelig en voor my oë van die grond af opgestyg met die wiele langs hulle en hulle het gaan stilstaan by die ingang van die oostelike poort van die huis van יהוה en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die God van Yisra’el het oor hulle gehang.

20. Dit is die lewende wesens wat ek onder die God van Yisra’el gesien het by die K’varrivier; ek het dus geweet dat hulle gérubs was.

21. Elkeen het vier gesigte en elkeen het vier vlerke gehad en onder hulle vlerke was die vorm van mensehande.

22. Wat die vorm van hulle gesigte betref, dit was dieselfde gesigte wie se voorkoms ek by die K’varrivier gesien het; elkeen het reguit vorentoe gegaan.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 10