Ou Testament

Nuwe Testament

Tz'fanyah 3:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Vanaf oorkant die riviere van Kush sal My aanbidders, My verstrooides, hulle offers bring.

11. Op dié dag sal jy geen skaamte voel weens al jou dade waarmee jy teen My rebelleer het nie, want dan sal Ek jou trotses en die wat hulleself oplig, uit jou midde verwyder en jy sal nooit weer trots wees op My afgesonderde berg nie,

12. maar Ek sal ’n nederige en eenvoudige volk tussen jou los en hulle sal in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה vertrou.Ps 23; Open 14:5

13. Die wat oorbly van Yisra’el sal niks verkeerd doen en geen leuens vertel nie, daar sal ook nie ’n misleidende tong in hulle mond gevind word nie, want hulle sal wei en neerlê, met niemand om hulle te laat bewe nie.”

14. Roep uit van vreugde, o dogter van Tziyon! Roep uit in triomf, o Yisra’el! Verheug jou en jubel met jou hele verstand, wil en emosie, o dogter van Yerushalayim!

15. יהוה het Sy oordeel teen jou weggevat, Hy het jou vyande weggevee. Die Koning van Yisra’el, יהוה, is tussen jou; jy sal nie meer rampe vrees nie.

16. In daardie dag sal dit vir Yerushalayim gesê word: “Moenie bang wees nie, o Tziyon; laat jou hande nie swak wees nie!

17. יהוה, jou God, is in jou midde, ’n oorwinnende vegter. Hy sal Hom oor jou verheug met blydskap, Hy sal stil wees in Sy liefde, Hy sal oor jou in die rondte swaai van vreugde.

18. Ek sal dié vanuit jou verwyder wat beskuldigings maak teen die aangestelde fees.

19. Let op, Ek gaan in dié tyd optree teen al jou onderdrukkers; Ek sal die kreupele red en die wat ver weggestuur was bymekaarmaak en Ek sal hulle skaamte oor die hele aarde verander in lofprysing en roem.

20. In daardie tyd sal Ek julle inbring, in die tyd wanneer Ek julle bymekaarmaak; inderdaad sal Ek vir julle roem en lofprysing gee onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle voorspoed herstel,” sê יהוה.

Lees volledige hoofstuk Tz'fanyah 3