Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 13:14-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die wet van die wyse is ’n fontein van lewe vir die wat wegloop van die strikke van die dood.

15. ’n Goeie insig bring onverdiende guns, maar die lewenswyse van oortreders lei na vernietiging.

16. Elke skrander persoon handel wys, maar ’n dwaas praat dwaasheid.

17. ’n Bose boodskapper val in boosheid, maar ’n betroubare ambassadeur is ’n geneesheer.Heb 12:11

18. Armoede en skande is vir hom wat dissipline verwerp, maar hy wat teregwysing ag, sal geëer word.

19. ’n Eerbare begeerte is soet vir die lewe, maar die verwerplikhede van die bose is ver van kennis af.

20. Hy wat saam met die wyses loop, sal wys wees, maar die metgesel van dwase sal skade ly.

21. Boosheid agtervolg sondaars, maar aan die regverdiges sal goed terugbetaal word.Yes 23:18

22. ’n Goeie man laat ’n erfporsie na aan sy kinders se kinders en die rykdom van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

23. Die wat nie die manier van die lewe verstaan nie, word deur rykdom vernietig, ja, baie is volkome vernietig.

24. Hy wat sy lat spaar, haat sy seun, maar hy wat sy seun liefhet, dissiplineer hom behoorlik.

25. Die regverdige eet en is versadig, maar die maag van die goddelose het behoefte.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 13