Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 4:11-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Al die mense en die oudstes wat by die stadspoort was, het geantwoord: “Ons is getuies.” Hulle het hom geseën en vir hom gesê: “Mag יהוה hierdie vrou wat in jou teenwoordigheid kom, maak soos Ragel en soos Le’ah, want hulle het saam die huis van Yisra’el opgebou; mag jy waardiglik doen in Efrat en naam maak in Beit-Legem!

12. Laat jou huis wees soos die huis van Peretz, wat uit Tamar vir Y’hudah gebore is en mag יהוה vir jou ’n nageslag gee uit hierdie vrou!”

13. So het Bo’az vir Rut gevat en sy het sy vrou geword en toe hy by haar ingegaan het, het יהוה vir haar bevrugting gegee en sy het geboorte gegee aan ’n seun.

14. Die vroue het vir Na’omi gesê: “Geseënd is יהוה wat jou nie op hierdie dag sonder ’n naby familielid gelos het nie sodat sy naam in Yisra’el verkondig kan word.

Lees volledige hoofstuk Rut 4