Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 6:9-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Ek het julle bevry uit die hand van die Mitzrayiete en uit die hand van al julle onderdrukkers en hulle voor julle uit onteien en hulle land vir julle gegee

10. en Ek het vir julle gesê: ‘Ek is יהוה, julle God; julle mag die gode van die Emoriete, in wie se land julle bly, nie vrees nie, maar julle het My nie gehoorsaam nie.’”

11. Toe het die boodskapper van יהוה gekom en gaan sit onder die eikeboom wat by `Ofrah staan, wat aan Yo’ash, die Avi’ezriet, behoort het terwyl sy seun Gid’on koring uitgeslaan het in die parskuip om dit te red van die Midyaniete.

12. Die engel van יהוה het aan hom verskyn en vir hom gesê: “יהוה is met jou, dapper soldaat!”

13. Toe sê Gid’on vir Hom: “Ag, my meester, as יהוה met ons is, waarom het al hierdie dinge met ons gebeur? Waar is al Sy wonderwerke waarvan ons vaders ons vertel het, deur te sê: ‘Het יהוה ons nie opgebring uit Mitzrayim uit nie?’ Nou het יהוה ons egter alleen gelos en ons oorgegee in die hand van Midyan.”

14. יהוה het na hom gekyk en gesê: “Gaan in hierdie krag van jou en bevry Yisra’el uit die hand van Midyan. Het Ek jou nie gestuur nie?”

15. Hy sê vir Hom: “Ag, יהוה, hoe sal ek Yisra’el bevry? Let op, my familie is die minste in M’nasheh en ek is die jongste in my vader se huis.”

16. יהוה sê egter vir hom: “Ek sal sekerlik by jou wees en jy sal Midyan soos een man verslaan.”

17. Gid’on sê vir Hom: “As ek nou guns in U oë gevind het, wys vir my ’n teken dat dit U is wat met my praat.

18. Gaan asseblief nie hiervandaan weg voordat ek by U kom en my offer uitbring en voor U neersit nie.” Hy sê: “Ek sal bly totdat jy terugkom.”

19. Toe het Gid’on ingegaan en ’n jong bokkie en ongesuurde brood, van ’n efa meel, voorberei; hy het die vleis in ’n mandjie en die sous in ’n pot gesit en hy het dit na Hom toe uitgebring onder die eikeboom en dit aangebied.

Lees volledige hoofstuk Rigters 6