Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 6:5-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want hulle het met hulle vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in getal; beide hulle en hul kamele was ontelbaar en hulle het in die land ingekom om dit te verwoes.

6. Yisra’el is verneder as gevolg van Midyan en die seuns van Yisra’el het na יהוה uitgeroep.

7. Nou, dit het gebeur toe die seuns van Yisra’el uitgeroep het na יהוה vanweë Midyan

8. dat יהוה ’n profeet na die seuns van Yisra’el gestuur het en hy het vir hulle gesê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Dit was Ek wat julle gebring het vanuit Mitzrayim en julle uit die huis van slawerny uitgebring het.

9. Ek het julle bevry uit die hand van die Mitzrayiete en uit die hand van al julle onderdrukkers en hulle voor julle uit onteien en hulle land vir julle gegee

10. en Ek het vir julle gesê: ‘Ek is יהוה, julle God; julle mag die gode van die Emoriete, in wie se land julle bly, nie vrees nie, maar julle het My nie gehoorsaam nie.’”

11. Toe het die boodskapper van יהוה gekom en gaan sit onder die eikeboom wat by `Ofrah staan, wat aan Yo’ash, die Avi’ezriet, behoort het terwyl sy seun Gid’on koring uitgeslaan het in die parskuip om dit te red van die Midyaniete.

12. Die engel van יהוה het aan hom verskyn en vir hom gesê: “יהוה is met jou, dapper soldaat!”

13. Toe sê Gid’on vir Hom: “Ag, my meester, as יהוה met ons is, waarom het al hierdie dinge met ons gebeur? Waar is al Sy wonderwerke waarvan ons vaders ons vertel het, deur te sê: ‘Het יהוה ons nie opgebring uit Mitzrayim uit nie?’ Nou het יהוה ons egter alleen gelos en ons oorgegee in die hand van Midyan.”

14. יהוה het na hom gekyk en gesê: “Gaan in hierdie krag van jou en bevry Yisra’el uit die hand van Midyan. Het Ek jou nie gestuur nie?”

Lees volledige hoofstuk Rigters 6