Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 4:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe sê Barak vir haar: “As u saam met my sal gaan, sal ek gaan, maar as u nie saam met my gaan nie, sal ek nie gaan nie.”

9. Sy het gesê: “Ek sal sekerlik saam met jou gaan; daarom sal die eer nie joune wees op die reis wat jy op die punt staan om op te gaan nie, want יהוה sal Sisra in die hand van ’n vrou verkoop.” Toe staan D’vorah op en gaan saam met Barak na Kedesh.

10. Barak het Z’vulun en Naftali na Kedesh toe bymekaargeroep en tien duisend man het saam met hom opgegaan; D’vorah het ook saam met hom opgegaan.Num 10:29-30; Rig 1:16;4:17

11. Hever, die Keiniet, het homself afgeskei van die res van Keiniete, die nageslag van Hovav, seun van die skoonvader van Moshe en hy het sy tent opgeslaan so ver as by die eikeboom in Tza’anamim, wat naby Kedesh is.

12. Toe het hulle vir Sisra vertel dat Barak, die seun van Avino’am, opgegaan het na die berg Tavor.

13. Sisra het al sy strydwaens, nege honderd ysterwaens en al die manne wat by hom was, uit Haroshet-HaGoyim bymekaargeroep na die Kishonrivier.

14. D’vorah het vir Barak gesê: “Staan op, want hierdie is die dag waarop יהוה Sisra in jou hand gegee het; let op, יהוה het voor jou uitgegaan.” Barak het afgegaan vanaf die berg Tavor met tien duisend man wat hom volg.

15. יהוה het Sisra met al sy waens en sy hele leër met die skerpte van die swaard uitmekaar gejaag voor Barak en Sisra het van sy wa afgeklim en te voet gevlug,

16. maar Barak het die waens en die leër agtervolg tot by Haroshet-HaGoyim en die hele leër van Sisra het deur die skerpte van die swaard geval; selfs nie een het oorgebly nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 4