Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 21:14-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Binyamin het in dié tyd teruggekom en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Yavesh-Gil’ad lewend behou het, vir hulle gegee; tog was daar nie genoeg vir hulle nie.

15. Die volk was jammer vir Binyamin omdat יהוה ’n skeuring gemaak het onder die stamme van Yisra’el.

16. Toe sê die oudstes van die vergadering: “Wat sal ons doen aangaande vroue vir die wat oorgebly het, aangesien die vroue uit Binyamin vernietig is?

17. Hulle het gesê: “Daar moet ’n erfenis wees vir die oorlewendes van Binyamin sodat ’n stam nie uit Yisra’el uitgedelg mag word nie,

18. maar ons self kan geen vroue uit ons dogters aan hulle gee nie,” want die seuns van Yisra’el het gesweer en gesê: “Vervloek is hy wat ’n vrou aan Binyamin gee.”

19. Hulle het gesê: “Let op, daar is jaar vir jaar ’n fees tot יהוה in Shiloh, wat noord van Beit-El lê, oos van die grootpad wat opgaan van Beit-El na Sh’khem en suid van Levonah.

20. Hulle het die seuns van Binyamin beveel en gesê: “Gaan lê en wag in die wingerde,

21. kyk en let op, as die dogters van Shiloh uitkom om deel te neem aan die danse, dan moet julle uit die wingerde uitkom en elkeen van julle moet sy vrou, uit die dogters van Shiloh vang en na die land Binyamin gaan.

22. Dit sal gebeur dat as hulle vaders of hulle broers kom om by ons te kla, ons vir hulle sal sê: “Gee hulle vrywilliglik aan óns, want ons het nie vir elkeen ’n vrou in die oorlog gevat nie en ook het julle hulle nie aan hulle gegee nie, anders sou julle nou skuldig wees.”

23. Die seuns van Binyamin het so gedoen en vroue gevat volgens hulle getal uit die wat dans, wat hulle weggedra het en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfenis toe en hulle het die stede herbou en daarin gewoon.

24. Die seuns van Yisra’el het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy familie en elkeen van hulle het daarvandaan uitgegaan na sy erfenis toe.

25. In daardie dae was daar geen koning in Yisra’el nie; elkeen het gedoen wat reg was in sy eie oë.

Lees volledige hoofstuk Rigters 21