Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 21:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Dit is die ding wat julle moet doen: alles wat manlik is en al die vroue wat gemeenskap met ’n man gehad het, moet julle volkome vernietig.”

12. Hulle het tussen die inwoners van Yavesh-Gil’ad vier honderd jong meisies gevind wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie en dié het hulle na die kamp gebring by Shiloh wat in die land Kena’an is.

13. Toe stuur die hele vergadering en hulle praat met die seuns van Binyamin wat by die rots van Rimmon was en verklaar vrede met hulle.

14. Binyamin het in dié tyd teruggekom en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Yavesh-Gil’ad lewend behou het, vir hulle gegee; tog was daar nie genoeg vir hulle nie.

15. Die volk was jammer vir Binyamin omdat יהוה ’n skeuring gemaak het onder die stamme van Yisra’el.

16. Toe sê die oudstes van die vergadering: “Wat sal ons doen aangaande vroue vir die wat oorgebly het, aangesien die vroue uit Binyamin vernietig is?

17. Hulle het gesê: “Daar moet ’n erfenis wees vir die oorlewendes van Binyamin sodat ’n stam nie uit Yisra’el uitgedelg mag word nie,

18. maar ons self kan geen vroue uit ons dogters aan hulle gee nie,” want die seuns van Yisra’el het gesweer en gesê: “Vervloek is hy wat ’n vrou aan Binyamin gee.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 21