Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 21:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die manne van Yisra’el het in Mitzpah gesweer en gesê: “Niemand van ons mag sy dogter aan ’n Binyaminiet as vrou gee nie.”

2. Die manne het in Beit-El gekom en daar voor die Teenwoordigheid van God gesit en hulle stem opgelig en bitterlik gehuil

3. en gesê: “Waarom, O יהוה, God van Yisra’el, het dit in Yisra’el gebeur dat daar vandag een stam uit Yisra’el weg is?”

4. Dit het die volgende oggend gebeur dat die manne vroeg opgestaan, daar ’n altaar gebou en brandoffers en vredesoffers gebring het.

5. Toe sê die seuns van Yisra’el: “Wie is daar van al die stamme van Yisra’el wat nie opgegaan het na die vergadering tot יהוה nie?” Omdat hulle ’n plegtige eed geneem het teen die een wat nie opgegaan het na יהוה in Mitzpah nie en gesê het: “Hy sal sekerlik gedood word.”

6. Die seuns van Yisra’el het hulle broer Binyamin jammer gekry en gesê: “Daar is vandag een stam uit Yisra’el afgesny.

7. Wat sal ons doen aangaande vroue vir hulle wat oorgebly het, aangesien ons by יהוה gesweer het om nie enige van ons dogters aan hulle in die huwelik te gee nie?”

Lees volledige hoofstuk Rigters 21