Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 2:14-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die woede van יהוה het gebrand teen Yisra’el en Hy het hulle oorgegee in die hand van plunderaars wat hulle beroof het en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom sodat hulle nie langer kon standhou voor hulle vyande nie.

15. Waarheen hulle ook al gaan, was die hand van יהוה teen hulle ten kwade, soos יהוה gesê het en soos יהוה vir hulle gesweer het sodat hulle erg benoud was.Hand 13:20

16. Toe het יהוה rigters opgewek wat hulle bevry het uit die hande van hulle wat hulle geplunder het.

17. Tog het hulle nie na hulle rigters geluister nie, want hulle het agter ander gode aan gehoereer en hulleself voor hulle neergebuig. Hulle het gou van die pad wat hulle vaders, in gehoorsaamheid aan die opdragte van יהוה, geloop het, afgedraai; hulle het nie gedoen soos hulle nie.

18. Wanneer יהוה vir hulle rigters opwek, was יהוה saam met die rigter en het Hy hulle bevry uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, want יהוה was beweeg tot omgee deur hulle gekerm oor hulle onderdrukkers en hulle teisteraars,

19. maar dit het gebeur dat wanneer die rigter sterf, hulle terugdraai en nog meer korrup optree as hulle vaders, deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en voor hulle neer te buig; hulle het nie hulle gebruike of hulle hardnekkige maniere laat vaar nie.

20. Die woede van יהוה het teen Yisra’el gebrand en Hy het gesê: “Omdat hierdie nasie My verbond, wat Ek hulle vaders beveel het, oortree het en nie na My stem geluister het nie,

21. sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Y’hoshua by sy dood laat agterbly het, voor hulle uit wegdryf nie,

22. om Yisra’el deur hulle te toets, of hulle die pad van יהוה sal hou deur daarin te loop soos hulle vaders, of nie.Y’ho 13:6

23. יהוה het toegelaat dat daardie nasies bly en hulle nie gou uitgedryf nie en Hy het hulle nie in die hand van Y’hoshua gegee nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 2