Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 16:19-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Sy het hom op haar skoot laat slaap en ’n man geroep en hom die sewe haarlokke laat afskeer. Toe het sy hom begin lastig val en sy krag het hom verlaat.

20. Sy het gesê: “Die F’lishtyne is op jou, Shimshon!” Hy het uit sy slaap wakker geword en gesê: “Ek sal uitgaan soos die vorige kere en myself losruk.” Hy het egter nie geweet dat יהוה van hom af weggegaan het nie.

21. Die F’lishtyne het hom gegryp, sy oë uitgesteek, hom afgebring na `Azah en hom met koperkettings vasgebind en hy was ’n maler in die gevangenis.

22. Die hare van sy kop het egter weer begin groei nadat dit afgeskeer is.

23. Die meesters van die F’lishtyne het bymekaargekom om ’n groot offer te bring aan hulle god Dagon en om hulle te verbly, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand, Shimshon, in ons hand gegee.”

24. Toe die mense hom sien, het hulle hul god geprys, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand, die vernietiger van ons land, wat baie van ons doodgeslaan het, in ons hand gegee.”

25. Dit het so gebeur dat toe hulle gees opgelig was, hulle sê: “Laat Shimshon haal sodat hy ons kan vermaak.” Hulle het Shimshon uit die gevangenis laat haal en hy het hulle vermaak. Hulle het hom tussen die pilare laat staan.

26. Toe sê Shimshon vir die jongman wat sy hand vasgehou het: “Laat my die pilare voel waarop die huis rus dat ek teen hulle kan leun.”

27. Nou, die huis was vol manne en vroue en al die meesters van die F’lishtyne was daar en omtrent drie duisend manne en vroue was op die dak wat gekyk het hoe Shimshon hulle vermaak.

28. Toe roep Shimshon uit na יהוה en sê: “Meester, יהוה, onthou my asseblief en versterk my asseblief net hierdie keer, o God, sodat ek in ’n oomblik vir my twee oë gewreek mag word teen die F’lishtyne!”

29. Shimshon het sy arms om die twee middelste pilare waarop die huis gerus het, geslaan en homself teen hulle gedruk, die een met sy regter en die ander met sy linkerhand.

30. Shimshon het gesê: “Laat my sterf saam met die F’lishtyne!” Hy het met al sy krag gebuig sodat die huis ingeval het op die meesters en op al die mense wat daarin was. So was die dooies wat hy met sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood het.

31. Toe het sy broers en sy vader se hele huishouding afgekom en hom opgevat en hom begrawe tussen Tzor’ah en Eshta’ol, in die graf van sy vader Manoag. So het hy Yisra’el vir twintig jaar lank gerig.

Lees volledige hoofstuk Rigters 16