Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 13:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe het die vrou gekom en haar man vertel en gesê: “’n Man van God het na my toe gekom en sy voorkoms was soos die voorkoms van die engel van God, baie ontsagwekkend en ek het hom nie gevra van waar hy was nie en hy het my ook nie sy naam vertel nie,

7. maar hy het vir my gesê: ‘Let op, jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun en jy moet nou geen wyn of sterk drank drink of iets wat onrein is eet nie, want die seun sal ’n Natzir tot God wees van die baarmoeder af tot op die dag van sy dood.”

8. Toe het Manoag by יהוה gepleit en gesê: “Ag, יהוה, laat die man van יהוה wat U gestuur het, asseblief nog ’n keer na ons toe kom dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.”

9. God het geluister na die stem van Manoag sodat die engel van God nog ’n keer na die vrou toe gekom het terwyl sy in die veld sit en Manoag, haar man, was nie by haar nie.

10. Die vrou het haastig gehardloop en haar man vertel: “Let op, die man het aan my verskyn wat die ander dag na my toe gekom het.”

11. Toe staan Manoag op en volg sy vrou en toe hy by die man kom, vra hy: “Is u die man wat met dié vrou gepraat het?” Hy sê: “Ja.”

12. Manoag het gevra: “As u woorde waar word, wat moet die leefwyse en die beroep van die seun wees?”

13. Die engel van יהוה sê vir Manoag: “Laat die vrou aandag gee aan alles wat ek gesê het.

14. Sy mag niks eet wat van die wingerdstok afkomstig is nie, of enige wyn of sterk drank drink en niks eet wat onrein is nie; alles wat ek haar beveel het, moet sy doen.”

15. Toe sê Manoag vir die engel van יהוה: “Laat ons U tog ophou dat ons ’n bokkie vir u kan voorberei.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 13