Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 41:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Geseënd is hy wat vir die armes sorg; יהוה sal hom bevry in die dag van moeilikheid.

2. יהוה sal hom bewaar en hom aan die lewe hou en Hy sal hom seën op die aarde. Hy sal hom nie oorgee in die hand van sy vyande nie.

3. יהוה sal hom versterk op sy siekbed; hy sal heeltemal herstel van sy siekte.

4. Ek het gesê: “יהוה, gee my onverdiende guns en genees my, want ek het teen U gesondig.”

5. My vyande praat boos teen my: “Wanneer sal hy sterf en sy naam vergaan?”

6. Wanneer hulle kom om my te sien, dan praat hulle valshede en hulle verstand, wil en emosie beplan wetsoortredings; hulle gaan uit in die straat en skinder van my.

7. Almal wat my haat fluister saam oor my; hulle beplan boosheid teen my.

8. Hulle dink onregverdige beskuldigings teen my uit en sê: “Noudat hy siek in sy bed lê, sal hy nie weer opstaan nie.”Yog 13:18

Lees volledige hoofstuk Psalms 41