Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:5-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want die lewendes weet dat hulle moet sterf, maar die dooies weet glad niks nie en hulle het ook geen beloning nie, want hulle nagedagtenis is vergete.

6. Hulle liefde, hulle haat, asook hulle jaloesie, het lankal vergaan en hulle het ook geen deel meer vir ewig aan enige iets wat gedoen word onder die son nie.

7. Kom nou, eet jou brood met vreugde en drink jou wyn met vrolikheid, want God is tevrede met jou dade.Open 19:8

8. Laat jou klere altyd wit wees en olie nie ontbreek op jou kop nie.

9. Leef vreugdevol saam met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou waardelose lewe, want sy is jou deel in die lewe en in jou harde werk wat jy doen onder die son.

10. Wat ook al jou hand in staat is om te doen, doen dit met al jou mag, want daar is geen werk of planne of kennis of wysheid in Sh’ol waarheen jy gaan nie.

11. Ek het omgedraai en gesien dat onder die son die wedloop nie is vir die vinniges en die geveg vir die sterkes nie; ook die brood is nie vir die wyses of rykdom vir die manne met insig, of lof en eer vir die geleerde manne nie, want tyd en toeval tref hulle almal,

12. want die mens ken nie sy tyd nie, maar soos visse wat gevang word in ’n misleidende net en soos voëls wat in die strikke gevang word, so word die seuns van die mens gevang in ’n bose tyd wanneer dit hulle skielik oorval.

13. Ook hierdie wysheid het ek onder die son gesien en dit was vir my goed:

14. daar was ’n klein stadjie en min manne daarin en daar het ’n groot koning daarteen gekom, dit omsingel en versterkings daarteen gebou.

15. Nou, daarin is ’n arm en wyse man gevind en hy het deur sy wysheid die stad bevry; tog het niemand daardie selfde arm man onthou nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9