hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. want die belangrikste van hierdie dinge het ek in my verstand oorweeg en in my verstand, wil en emosie het ek gesien dat die regverdiges, die wyse manne en hulle dade, in die hand van God is; geen mens ken óf liefde óf haat nie, want alles wat voor hom is, is waardeloos.

2. Alles gebeur dieselfde vir almal; daar is een kans vir die regverdige en vir die bose; vir die goeie en die slegte; vir die reine en die onreine; vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie; soos die goeie man is, so ook die sondaar en hy wat sweer, is net soos hy wat bang is vir ’n eed.

3. Hierdie is ’n boosheid onder alles wat gedoen word onder die son: dat daar een kans vir almal is; ja die mens se verstand, wil en emosie is vol boosheid terwyl hy leef en daarna gaan hulle na die dooies toe,

4. want vir hom wat aan al die lewendes verbind is, is daar versekerde verwagting, want ’n lewende hond is beter as ’n dooie leeu,

5. want die lewendes weet dat hulle moet sterf, maar die dooies weet glad niks nie en hulle het ook geen beloning nie, want hulle nagedagtenis is vergete.

6. Hulle liefde, hulle haat, asook hulle jaloesie, het lankal vergaan en hulle het ook geen deel meer vir ewig aan enige iets wat gedoen word onder die son nie.

7. Kom nou, eet jou brood met vreugde en drink jou wyn met vrolikheid, want God is tevrede met jou dade.Open 19:8

8. Laat jou klere altyd wit wees en olie nie ontbreek op jou kop nie.

9. Leef vreugdevol saam met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou waardelose lewe, want sy is jou deel in die lewe en in jou harde werk wat jy doen onder die son.

10. Wat ook al jou hand in staat is om te doen, doen dit met al jou mag, want daar is geen werk of planne of kennis of wysheid in Sh’ol waarheen jy gaan nie.

11. Ek het omgedraai en gesien dat onder die son die wedloop nie is vir die vinniges en die geveg vir die sterkes nie; ook die brood is nie vir die wyses of rykdom vir die manne met insig, of lof en eer vir die geleerde manne nie, want tyd en toeval tref hulle almal,

12. want die mens ken nie sy tyd nie, maar soos visse wat gevang word in ’n misleidende net en soos voëls wat in die strikke gevang word, so word die seuns van die mens gevang in ’n bose tyd wanneer dit hulle skielik oorval.

13. Ook hierdie wysheid het ek onder die son gesien en dit was vir my goed:

14. daar was ’n klein stadjie en min manne daarin en daar het ’n groot koning daarteen gekom, dit omsingel en versterkings daarteen gebou.

15. Nou, daarin is ’n arm en wyse man gevind en hy het deur sy wysheid die stad bevry; tog het niemand daardie selfde arm man onthou nie.

16. Toe het ek gesê: “Wysheid is beter as krag; nogtans word die arm man se wysheid verag en daar word nie na sy woorde geluister nie.

17. Woorde van wyse manne word in stilte aangehoor, meer as die geskreeu van ’n heerser wat ’n dwaas is.

18. Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sonde vernietig baie goeie dinge.