Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Een handvol met rustigheid is beter as altwee hande vol met moeite en ergernis van gees.

7. Toe het ek omgedraai en weer waardeloosheid gesien onder die son:

8. wanneer daar maar een man is, sonder ’n tweede en hy het geen seun of broer nie, is daar geen einde aan al sy werk nie. Sy oë word ook nie bevredig deur rykdom nie en hy sê ook nie: “Vir wie werk ek en ontneem my lewe van die goeie nie?” Ook dit is waardeloos en ’n vreeslike ergernis van gees.

9. Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle harde werk,

10. want as hulle val, sal die een sy maat optel, maar wee die een wat alleen is wanneer hy val, want daar is niemand om hom op te tel nie.

11. Meer nog, as twee bymekaar slaap, sal hulle warm kry, maar hoe kan een alleen warm wees?

12. As een te sterk is vir hom, sal twee hom weerstaan en ’n driedubbele tou word nie gou gebreek nie.

13. ’n Jongman wat arm en wys is, is beter as ’n koning wat oud en dwaas is en nie weet hoe om ’n vermaning te ontvang nie.

14. Hy het uit die gevangenis gekom om te heers, want ook in sy eie koninkryk is hy arm gebore.

15. Ek het al die lewendes wat onder die son loop, beskou, saam met die jongmanne wat in hulle plek sal opstaan;

16. daar is geen einde aan al die mense, selfs van almal wat voor hulle was en ook wat nog na hulle sal kom, wat nie in hulle sal verbly nie. Ook dit is vir hulle waardeloos en tevergeefs en ’n ergernis van gees.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4