Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Ek het die harde werk gesien wat God aan die mensekinders gegee het om daarmee besig te wees.

11. Hy het alles mooi gemaak in sy tyd; Hy het ook die wêreld vir die mens kosbaar gemaak sodat geen mens die werke wat God gedoen het, van begin tot einde, kan uitvind nie.

12. Ek weet dat daar niks goeds in wêreldse dinge is nie, maar dat die mens hom verbly en goed doen in die lewe

13. en ook dat elke mens sal eet en drink en al die goeie van sy harde werk sal geniet; dit is die geskenk van יהוה.

14. Ek weet dat, wat יהוה ook al doen, dit sal vir ewig wees; daar kan niks bygevoeg en niks weggevat word daarvan nie en יהוה het dit so gemaak dat die mens Hom respekvol moet vrees.

15. Dit wat nou is, was alreeds en dit wat nog moet wees, was alreeds en God sal hom wat vervolg is, wreek.

16. Ek het ook onder die son die plek van oordeel gesien: dat daar boosheid was en dat daar onregverdigheid in die plek van regverdigheid was.

17. Ek het in my binneste gesê: “God sal die regverdige en die bose oordeel, want daar is ’n tyd vir elke plesier en vir elke werk.

18. Ek oordink in my binneste die staat van die seuns van die mens wat God geskep het en sien dat hulle soos wilde diere is,

Lees volledige hoofstuk Prediker 3