Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 5:23-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Die priester moet dan hierdie vervloekinge op ’n boekrol skryf en dit in die bitter water afwas

24. en hy moet die vrou die bitter water wat die vloek bring laat drink sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan en bitter word.

25. Die priester moet die graanoffer van jaloesie uit die hand van die vrou vat en die graanoffer voor die Teenwoordigheid van יהוה waai en dit na die altaar toe bring.

26. Die priester moet ook van die graanoffer ’n handvol, as die deel van herdenking, vat en dit op die altaar in rook laat opgaan en daarna moet hy die vrou die water laat drink.

27. Wanneer hy haar die water laat drink het, dan sal dit wees dat as sy haar onrein gemaak het en ontrou was teenoor haar man, die water wat die vloek bring, in haar sal ingaan en bitter word en haar buik sal opswel en haar heup inval en die vrou sal onder haar volk ’n vervloeking wees,

28. maar as die vrou haar nie onrein gemaak het nie, maar rein is, sal sy vry wees en kinders kry.’

29. Dit is die wet oor jaloesie wanneer ’n vrou afdraai terwyl sy onder haar man se outoriteit is en haarself onrein maak,

30. of as die gees van jaloesie oor ’n man kom en hy op sy vrou jaloers word, dan moet hy die vrou voor die Teenwoordigheid van יהוה laat staan en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.

31. Die man sal vry wees van skuld, maar dié vrou sal haar skuld dra.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 5