Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 4:28-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Dit is die dienswerk vir die families van die seuns van die Gershoniete by die Tent van Ontmoeting. Hulle toesig sal wees onder die hand van Itamar, die seun van Aharon, die priester.Eks 38:21

29. Wat die seuns van M’rari betref; jy moet hulle tel, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise,

30. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, moet jy hulle tel, almal wat in diens tree om werk by die Tent van Ontmoeting te doen.

31. Dit is hulle verantwoordelikheid wat hulle moet dra volgens al hulle dienswerk by die Tent van Ontmoeting: die planke van die tabernakel met sy pale, sy pilare, sy voetstukke,

32. die pilare van die voorhof rondom, met hulle voetstukke, hulle penne en hulle toue, al die bybehore sowel as alles wat by die bediening daarvan hoort en jy moet aan elkeen, by name, die bybehore, wat sy verantwoordelikheid is om te dra, aanwys.

33. Dit is die dienswerk vir die families van die seuns van M’rari, al hulle diens by die Tent van Ontmoeting, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester.”

34. Moshe en Aharon en die leiers van die vergadering het die seuns van K’hat getel volgens hulle families en volgens hulle vaders se huise;

35. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat gekom het om die werk van bediening by die Tent van Ontmoeting te doen

36. en die wat getel is, volgens hulle families, is twee duisend sewe honderd en vyftig (2 750).

37. Dit is die wat getel is van die families van K’hat, almal wat by die Tent van Ontmoeting gedien het, wat Moshe en Aharon, volgens die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe getel het.

38. Die wat getel is van die seuns van Gershon volgens hulle families en volgens hulle vaders se huise,

39. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat gekom het om die werk van bediening by die Tent van Ontmoeting te doen,

40. die wat getel is, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise: twee duisend ses honderd en dertig (2 630).

41. Dit is die wat getel is van die geslagte van Gershon se seuns, almal wat by die Tent van Ontmoeting gedien het, wat Moshe en Aharon, volgens die opdrag van יהוה, getel het.

42. Die wat getel is van die families van M’rari se seuns, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise,

43. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat gekom het om die werk van bediening by die Tent van Ontmoeting te doen,

Lees volledige hoofstuk Numeri 4