Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:14-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. omdat julle in die wildernis van Tzin, tydens die opstand van die vergadering, teen My opdrag gerebelleer het om My by die water as Afgesonderd voor hulle te behandel. Dit is die waters van M’rivat-Kadesh, in die wildernis van Tzin.”

15. Moshe het met יהוה gepraat en gesê:

16. “Laat יהוה, die God van die geeste van alle vlees, ’n man oor die vergadering aanstel

17. wat voor hulle uitgaan en voor hulle ingaan, wat hulle uitlei en wat hulle inlei sodat die vergadering van יהוה nie mag wees soos skape wat geen herder het nie.”

18. יהוה sê vir Moshe: “Vat vir Y’hoshua, die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is en lê jou hand op hom

19. en laat hom voor die priester El’azar en voor die hele vergadering staan en stel hom aan voor hulle oë.

20. Jy moet sommige van jou outoriteit aan hom oorgee sodat die hele vergadering van die seuns van Yisra’el hom gehoorsaam sal wees.

21. Hy moet voor El’azar, die priester, staan dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die Teenwoordigheid van יהוה. Volgens Sy opdrag moet hulle uitgaan en volgens Sy opdrag moet hulle ingaan, hy en al die seuns van Yisra’el saam met hom, die hele vergadering.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 27