Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Ek sien Hom, maar nie nou nie, ek aanskou Hom, maar nie naby nie: ’n Ster sal kom uit Ya’akov, ’n Septer sal opstaan uit Yisra’el, deur die voorkop van Mo’av breek en al die seuns van Shet afbreek.

18. Edom en Se’ir sal ’n besitting wees, asook sy vyande, maar Yisra’el sal dapper optree.

19. Vanuit Ya’akov sal Een wees wat heerskappy het en die wat oorbly uit die stad vernietig.”

20. Toe het hy na `Amalek gekyk, sy vertelling voortgesit en gesê: “`Amalek was eerste onder die nasies, maar sy einde sal vernietiging wees.”

21. Toe het hy na die Keiniete gekyk, sy vertelling voortgesit en gesê: “Jou blyplek staan vas en jou nes is vasgemaak op die rots,

22. nogtans sal die Keiniete verteer word. Hoe lank sal Ashur jou gevange hou?”

23. Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “O, wie kan lewe, behalwe as die Magtige God dit bepaal het?

24. Skepe sal egter kom van die kus van Kittim af en hulle sal Ashur en `Ever onderdruk en so sal hulle kom tot vernietiging.”

25. Bil’am het opgestaan en weggegaan, terug na sy plek en Balak het ook op sy pad gegaan.

Lees volledige hoofstuk Numeri 24