Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 20:13-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Hierdie was die waters van M’rivah, waar die seuns van Yisra’el met יהוה gestry het en Hy Hom tussen hulle as Afgesonderd bewys het.

14. Moshe het boodskappers uit Kadesh na die koning van Edom gestuur: “So sê jou broer Yisra’el: Jy weet van al die moeilikheid wat ons oorgekom het,

15. dat ons vaders na Mitzrayim afgegaan het en ons baie dae in Mitzrayim gebly het en die Mitzrayiete het ons en ons vaders sleg behandel

16. en toe ons uitgeroep het na יהוה, het Hy ons stem gehoor. Hy het ’n boodskapper gestuur en ons uit Mitzrayim uitgelei. Let op, ons is nou in Kadesh, ’n stad op die grens van jou grondgebied.

17. Laat ons asseblief deur jou land trek. Ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie. Ons sal op ‘Die Koning se Hoofweg’ hou, ons sal nie regs of links uitdraai nie totdat ons deur jou grondgebied getrek het.”

18. Edom antwoord hom egter: “Jy sal nie deur my land trek nie, anders sal ek teen jou uitkom met die swaard.”

19. Weer sê die seuns van Yisra’el vir hom: “Ons sal met die hoofpad gaan en as ek en my vee van jou water drink, dan sal ek daarvoor betaal. Laat my net te voet deurtrek, niks meer nie.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 20