Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:15-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. As U nou hierdie volk soos een man doodmaak, dan sal die nasies wat die boodskap aangaande U gehoor het, praat en sê:

16. ‘Omdat יהוה hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn doodgemaak.’

17. Ek smeek U, laat יהוה se mag nou groot wees, net soos U verklaar het:

18. ‘יהוה vat lank om kwaad te word en is oorvloedig in liefdevolle sagtheid, wat sonde en wetsoortreding vergewe, maar nie die skuldige vryskeld nie; wat die onregverdigheid van die vaders die kinders laat beïnvloed, in die derde en vierde geslag.’

19. Ek vra U, vergewe die boosheid van hierdie volk volgens die grootheid van U liefdevolle sagtheid, net soos U hierdie volk van Mitzrayim af tot hiertoe vergewe het.”

20. יהוה sê: “Ek het vergewe, volgens jou woord,

21. maar so waar as Ek leef en die hele aarde met יהוה se Gemanifesteerde Teenwoordigheid vol sal word,

22. al die manne wat My Gemanifesteerde Teenwoordigheid en My tekens gesien het, wat Ek in Mitzrayim en in die woestyn gedoen het en My nou hierdie tien maal getoets het en nie gehoorsaam was aan My stem nie,

23. hulle sal die land nie sien, wat Ek aan hulle vaders, met ’n eed, beloof het nie en ook sal niemand wat My verwerp het, dit sien nie,

24. maar My dienskneg Kalev omdat hy ’n ander Gees in hom het en hy My ten volle gevolg het, hom sal Ek bring in die land waarin hy gegaan het en sy nageslag sal dit in besit neem.

25. Die `Amalekiete en die Kena’aniete woon nou in die valleie, draai môre weg en gaan die wildernis in, op pad na die see van Suf.”

26. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

27. “Hoe lank sal Ek hierdie bose vergadering verdra wat teen My kla? Ek het die murmureringe van die seuns van Yisra’el gehoor waarmee hulle teen My bly kla.

Lees volledige hoofstuk Numeri 14