Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:10-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die hele vergadering wou hulle met klippe stenig. Die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het toe in die Tent van Ontmoeting verskyn voor al die seuns van Yisra’el.

11. יהוה het vir Moshe gesê: “Hoe lank sal hierdie volk My verwerp? Hoe lank sal hulle nie in My vertrou nie, ten spyte van al die tekens wat Ek tussen hulle gedoen het?

12. Ek sal hulle met die pes tref en hulle onteien en Ek sal van jou ’n groter en magtiger nasie maak as hulle.”

13. Moshe sê vir יהוה: “Dan sal die Mitzrayiete dit hoor, want deur U krag het U hierdie volk laat optrek, vanuit hulle uit

14. en hulle sal dit aan die inwoners van hierdie land sê. Hulle het gehoor dat U, יהוה, tussen hierdie volk is; dat U, יהוה, van aangesig tot aangesig aan hulle verskyn; dat U wolk oor hulle staan en U in ’n wolkkolom voor hulle uitgaan bedags en in ’n vuurkolom in die nag.

15. As U nou hierdie volk soos een man doodmaak, dan sal die nasies wat die boodskap aangaande U gehoor het, praat en sê:

16. ‘Omdat יהוה hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn doodgemaak.’

17. Ek smeek U, laat יהוה se mag nou groot wees, net soos U verklaar het:

18. ‘יהוה vat lank om kwaad te word en is oorvloedig in liefdevolle sagtheid, wat sonde en wetsoortreding vergewe, maar nie die skuldige vryskeld nie; wat die onregverdigheid van die vaders die kinders laat beïnvloed, in die derde en vierde geslag.’

19. Ek vra U, vergewe die boosheid van hierdie volk volgens die grootheid van U liefdevolle sagtheid, net soos U hierdie volk van Mitzrayim af tot hiertoe vergewe het.”

20. יהוה sê: “Ek het vergewe, volgens jou woord,

21. maar so waar as Ek leef en die hele aarde met יהוה se Gemanifesteerde Teenwoordigheid vol sal word,

22. al die manne wat My Gemanifesteerde Teenwoordigheid en My tekens gesien het, wat Ek in Mitzrayim en in die woestyn gedoen het en My nou hierdie tien maal getoets het en nie gehoorsaam was aan My stem nie,

23. hulle sal die land nie sien, wat Ek aan hulle vaders, met ’n eed, beloof het nie en ook sal niemand wat My verwerp het, dit sien nie,

24. maar My dienskneg Kalev omdat hy ’n ander Gees in hom het en hy My ten volle gevolg het, hom sal Ek bring in die land waarin hy gegaan het en sy nageslag sal dit in besit neem.

25. Die `Amalekiete en die Kena’aniete woon nou in die valleie, draai môre weg en gaan die wildernis in, op pad na die see van Suf.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 14