Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 11:19-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Julle sal nie een dag of twee dae of vyf dae of tien dae of twintig dae eet nie,

20. maar ’n hele maand lank totdat dit uit julle neusgate uitkom en vir julle walglik word omdat julle יהוה, wat tussen julle is, verwerp het en voor Hom gehuil en gesê het: ‘Hoekom het ons ooit uit Mitzrayim opgetrek?’ “

21. Moshe sê egter: “Die mense waartussen ek is, is ses honderd duisend mans te voet, tog het U gesê: ‘Ek sal vir hulle vleis gee en hulle sal ’n maand lank eet!’

22. Sal daar vir hulle kleinvee- en beestroppe geslag word om genoeg vir hulle te voorsien? Of sal al die visse van die see vir hulle bymekaar gemaak word, om vir hulle genoeg te voorsien?”

23. יהוה sê vir Moshe: “Is die krag van יהוה beperk? Nou sal jy sien of My woord vir jou sal gebeur of nie.”

24. Moshe het uitgegaan en die woorde van יהוה aan die volk gebring en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die Tent laat staan.

25. יהוה het afgekom in die wolk en met hom gepraat en Hy het van die Gees wat op hom was, op die sewentig oudstes gelê en dit het gebeur dat toe die Gees op hulle rus, hulle geprofeteer het, maar nie weer daarna nie.

26. Twee manne het egter in die kamp agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad en die Gees het op hulle gerus. Hulle was onder die wat opgeskrywe was, maar het nie uitgegaan na die Tent toe nie en hulle het in die kamp geprofeteer.

27. ’n Jongman het gehardloop en dit aan Moshe vertel en gesê: “Eldad en Medad profeteer in die kamp.”

28. Y’hoshua, die seun van Nun, van sy jeug af die dienaar van Moshe, antwoord en sê: “ Moshe, my meester, stop hulle!”

Lees volledige hoofstuk Numeri 11