Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 11:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. As U so met my werk, maak my asseblief dadelik dood en vernietig my as ek guns in U oë gevind het en laat ek nie my ellende sien nie.”

16. יהוה sê vir Moshe: “Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Yisra’el bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en toesighouers oor hulle is. Bring hulle na die Tent van Ontmoeting en laat hulle daar by jou staan.

17. Ek sal dan afkom en daar met jou praat en van die Gees, wat op jóu is, sal Ek op hulle lê en hulle sal saam met jou die las van die volk dra sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.Eks 18:13-26; Yog 14:17

18. Vir die volk moet jy sê: ‘Sonder julle af teen môre en julle sal vleis eet, want julle het in die ore van יהוה gehuil en gesê: ‘Wie sal vir ons vleis gee om te eet, want dit het goed met ons gegaan in Mitzrayim?’ יהוה sal daarom vir julle vleis gee en julle sal eet.

19. Julle sal nie een dag of twee dae of vyf dae of tien dae of twintig dae eet nie,

20. maar ’n hele maand lank totdat dit uit julle neusgate uitkom en vir julle walglik word omdat julle יהוה, wat tussen julle is, verwerp het en voor Hom gehuil en gesê het: ‘Hoekom het ons ooit uit Mitzrayim opgetrek?’ “

21. Moshe sê egter: “Die mense waartussen ek is, is ses honderd duisend mans te voet, tog het U gesê: ‘Ek sal vir hulle vleis gee en hulle sal ’n maand lank eet!’

22. Sal daar vir hulle kleinvee- en beestroppe geslag word om genoeg vir hulle te voorsien? Of sal al die visse van die see vir hulle bymekaar gemaak word, om vir hulle genoeg te voorsien?”

Lees volledige hoofstuk Numeri 11