Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 9:25-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Hulle het versterkte stede en ’n vrugbare land ingeneem, huise besit vol allerhande goeie dinge, uitgegroude putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in oorvloed. Hulle het geëet en is versadig en het ryk geword en hulle verheug in U groot goedheid.

26. Nogtans was hulle ongehoorsaam en het teen U oortree en U wet uit hulle raadgewings gegooi en U profete doodgemaak wat hulle gewaarsku het om na U terug te draai en hulle het groot boosheid gedoen;

27. daarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle teëstanders, wat hulle onderdruk het en in die tyd van hulle onderdrukking, toe hulle tot U gebid het, het U uit die hemel gehoor en in U grote omgee aan hulle ’n verlosser gegee wat hulle gered het uit die hand van hul vyande.

28. Nadat hulle egter rus gehad het, het hulle weer boosheid gedoen voor U; daarom het U hulle gelos in die hand van hul vyande sodat dié heerskappy oor hulle gehad het. Tog, wanneer hulle teruggekeer en voor U gebid het, het U hulle vanuit die hemel gehoor en hulle baie keer volgens U groot omgee gered.

29. U het teenoor hulle getuig dat U hulle weer na U wet toe sal terugbring; tog het hulle verkeerd gedoen en nie U opdragte uitgevoer nie, maar gesondig teen U oordele, (waardeur ’n man sal lewe as hy hulle gehoorsaam), teen U ooreengekom, hardnekkig geword en hulle wou nie luister nie.

30. Tog het U hulle baie jare verdra en teenoor hulle getuig deur die Gees, deur middel van U profete, tog wou hulle nie gehoorsaam nie; daarom het U hulle oorgegee in die hand van die ander nasies.Num 14:18

31. Nogtans, as gevolg van U groot omgee, het U hulle nie volkome vernietig of hulle verlaat nie, want U is ’n God van onverdiende guns en omgee;

Lees volledige hoofstuk Negemyah 9