Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 8:16-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Die volk het gegaan en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy dak en op hulle erwe en op die grond van die huis van God en op die plein van die Waterpoort en op die straat van die Efraimspoort.

17. Al die mense wat uit die gevangeskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gebly, want vanaf die dae van Yeshua, die seun van Nun, tot op daardie dag het die seuns van Yisra’el dit nie gedoen nie en daar was baie groot blydskap.

18. Hulle het ook dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag toe, gelees uit die boek van die wet van יהוה en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag was ’n ernstige byeenkoms, volgens wat geskryf is.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 8