Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 5:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe was daar ’n groot uitroep van die volk en van hulle vroue teen hulle broers, die Y’hudahiete,

2. want daar was sommige wat gesê het: “Ons seuns, ons dogters en ons broers is baie; laat ons daarom koring koop sodat ons kan eet en lewe!”

3. Daar was ook hulle wat gesê het: “Ons gaan ons lande, ons wingerde en ons huise verpand sodat ons graan kan koop tydens die hongersnood sodat ons kan lewe!”

4. Daar was hulle wat gesê het: “Laat ons geld leen van die koning se belasting en ons wingerde en ons lande bewerk sodat ons kan lewe.”

5. Daar was ook hulle wat gesê het: “Ons vlees is soos die vlees van ons broers en ons kinders is soos hulle kinders en let op, ons dwing ons seuns en ons dogters om slawe te wees en sommige van ons dogters is reeds slavinne en tog lig hulle nie hul hande in protes voor God nie en ons lande, ons wingerde en ons besittings word vir ander mense gegee.”

6. Ek het uitermate sleg gevoel toe ek hulle uitroep en hierdie woorde gehoor het en my binneste was gebroke,

7. maar ek was geduldig en het met die edeles en die leiers beraadslaag en vir hulle gesê:

8. “Ons koop ons broers van Y’hudah vry wat aan die nasies verkoop was, beide hulle en hulle kinders en sal julle selfs ’n man vat as waarborg vir sy broer?” Ek het daarom op hulle geskree en vir hulle gesê: “Sal julle ook julle broers verkoop?” Toe was hulle stil en het my nie geantwoord nie.

9. Ek het ook vir hulle gesê: “Dit wat julle doen is nie goed nie, want nou leef julle nie in die respekvolle vrees van ons God nie, want julle tree op soos die nasies wat rondom ons is.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 5