Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 3:10-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Langs hulle het Y’da’yah, die seun van Harumaf en die heerser van sy huis reggemaak en langs hom het Hattush, die seun van Hashavn’yah, reggemaak.

11. Malkiyah, die seun van Harim en Hashuv, die seun van Pagat-Mo’av, het die ander seksie reggemaak en die toring wat oor was.

12. Langs hom het Shallum, die seun van HaLogesh, die heerser van Yerushalayim, reggemaak, hy en sy seuns.

13. Die Valleipoort is deur Hanun en die inwoners van Zanoag reggemaak; hulle het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, asook ’n duisend el van die muur tot by die Mispoort.

14. Die Mispoort is deur Malkiyah, die seun van Regav, heerser van Beit-Hakkerem, reggemaak; hy het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

15. Die Fonteinpoort is deur Shallum, die seun van Kol-Hozeh, heerser van Mitzpah, reggemaak; hy het dit gebou en dit bedek en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, asook die muur van die poel van Shelag, by die koning se tuin, tot by die trappe wat afloop vanaf die stad van Dawid.

16. Ná hom het Negemyah, die seun van Azbuk, heerser van Beit-Tzur, reggemaak tot by die pad wat na die graf van Dawid gaan en tot by die poel wat gemaak is en tot by die huis van die magtiges.

17. Ná hom het die Leviet, Regum, die seun van Bani, reggemaak en langs hom die heerser van Ke’ilah tot by Hashavyah.

18. Ná hom het hulle broers, Bawai, die seun van Henadad, goewerneur van Ke’ilah, reggemaak.

19. Langs hom het `Ezer, die seun van Yeshua, die heerser van Mitzpah, nog ’n seksie reggemaak teen die afgaan na die wapenhuis, by die draai van die muur.

20. Ná hom het Barukh, die seun van Zakkai, ywerig onderneem en die ander stuk reggemaak; vanaf die draai van die muur tot by die deur van die huis van die hoofpriester, Elyashiv.

21. Ná hom het M’remot, die seun van Uriyah, die seun van Hakkotz, nog ’n stuk, vanaf die deur van die huis van Elyashiv tot by die end van die huis van Elyashiv reggemaak.

22. Ná hom het die priesters, die manne van die vlakte, reggemaak.

23. Ná hulle het Binyamin en Hashuv, oorkant hulle huis, reggemaak. Ná hulle het `Azaryah, die seun van Ma’aseiyah, die seun van `Ananyah, agter sy huis reggemaak.

24. Ná hom het Binui, die seun van Henadad, nog ’n stuk reggemaak, vanaf die huis van `Azaryah tot by die draai van die muur, tot by die hoek.

25. Oorkant die hoek het Palal, die seun van Uzai, tot by die draai van die muur en so ver as die toring van die Vlakte wat by die boonste deel van die huis van die koning uitsteek, tot by die hof van die tronk, reggemaak. Ná hom het P’dayah, die seun van Par’osh, reggemaak.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 3