Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 12:43-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. Hulle het ook op daardie dag groot offers gebring en hulle verheug, want יהוה het hulle laat bly wees met groot vreugde; ook die vroue en kinders het hulle verbly sodat die vreugde van Yerushalayim selfs ver weg gehoor kon word.

44. Op dié dag is sekere manne aangestel oor die kamers van die koning se stoorkamers, om die offergawes, die eerstelinge en die tiendes van die dorpe daarin bymekaar te maak, soos dit geskryf is in die boek van die wet, vir die priesters en die Leviete omdat die Y’hudahiete hulle verheug het omdat die priesters en die Leviete opgestaan en gewaak het in die huis van hulle God.

45. Hulle wat in beheer was van die reinigings seremonie, die sangers en die poortwagters, het gedien volgens die opdrag van Dawid en sy seun, Shlomo,

46. want in die dae van Dawid was Asaf in beheer en hy het voor die sangers opgestaan en lofprysinge gesing en dank aan God, met hande uitgestrek, gebring.

47. Die hele Yisra’el het in die dae van Z’rubavel en in die dae van Negemyah geskenke aan die sangers en die poortwagters gegee, elke dag, sy deel en afgesonderde dinge opsy gesit vir die Leviete en die Leviete het dit opsy gesit vir die seuns van Aharon.Deut 23:3,4

Lees volledige hoofstuk Negemyah 12