Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 12:27-44 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Toe die muur van Yerushalayim klaar was, het hulle die Leviete bymekaargemaak in al hulle plekke, om hulle na Yerushalayim te bring om die inwyding met vreugde en lofliedere met uitgestrekte hande, met gesang, simbale en harpe te vier.

28. Die seuns van die sangers het hulleself bymekaargemaak vanuit die streek rondom Yerushalayim sowel as uit die dorpe van die N’tofatiete,

29. uit Beit-Gilgal en uit die valleie van Geva en `Azmavet, want die sangers het vir hulle dorpies rondom Yerushalayim gebou.Yeg 43-46

30. Die priesters en die Leviete het hulleself gereinig en die volk, die poorte en die muur gereinig.

31. Ek het die leiers van Y’hudah bo-op die muur laat klim en twee groot groepe aangestel en hulle het op die muur geloop na die regterkant van die groot poort toe

32. en voor hulle het Hosha’yah en die helfte van die leiers van Y’hudah geloop,

33. met `Azaryah, `Ezra, Meshullam,

34. Y’hudah, Binyamin, Sh’ma’yah, Yirmeyah

35. en van die seuns van die priesters met trompette: Z’kharyah, die seun van Yonatan, die seun van Sh’ma’yah, die seun van Mattanyah, die seun van Mikhayah, die seun van Sakkur, die seun van AsafHand 2:30 en dienskneg van יהוה; `Ezra, die skrifgeleerde, het voor hulle uitgegaan, bokant die Fonteinpoort

36. en sy broers, Sh’ma’yah, `Azar’el, Milalai, Gilalai, Ma’ai, N’tan’el, Y’hudah en Hanani, met die musiekinstrumente van Dawid, die profeet

37. en oorkant die poort het hulle opgegaan met die trappe van die Dawidstad, by die opgaan van die muur, bokant die huis van Dawid, tot by die groot poort aan die ooste.

38. Hulle het die hande uitgesteek in dank en opgegaan met die muur en ek agter hulle. Die helfte van die mense het op die muur opgegaan en by die groot toring gestaan, op die hoë muur tot by die breë muur

39. <.12:39 en van bokant die Efraimspoort, sover as die Oupoort tot die Vispoort en vanaf die toring van Hanan’el tot by die groot toring, selfs tot by die Skaapspoort en bly staan by die Groot-poort.

40. Toe het die twee groepe wat dank gegee het, die huis van God ingegaan, saam met my en die helfte van die leiers saam met my,

41. saam met die priesters: Elyakim, Ma’aseiyah, Minyamin, Mikhayah, Elyo’einai, Z’kharyah en Hananyah;

42. en hulle met trompette: Ma’aseiyah, Sh’ma’yah, El’azar, `Uzi, Y’hoganan, Malkiyah, `Eilam en `Ezer, met die sangers, Shamua en Yizragyah, die leier.

43. Hulle het ook op daardie dag groot offers gebring en hulle verheug, want יהוה het hulle laat bly wees met groot vreugde; ook die vroue en kinders het hulle verbly sodat die vreugde van Yerushalayim selfs ver weg gehoor kon word.

44. Op dié dag is sekere manne aangestel oor die kamers van die koning se stoorkamers, om die offergawes, die eerstelinge en die tiendes van die dorpe daarin bymekaar te maak, soos dit geskryf is in die boek van die wet, vir die priesters en die Leviete omdat die Y’hudahiete hulle verheug het omdat die priesters en die Leviete opgestaan en gewaak het in die huis van hulle God.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 12