Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 11:16-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Yozavad was oor die buitewerk van die huis van God.

17. Die hoofde van die Leviete: Mattanyah, die seun van Mikhah, die seun van Zavdi, die seun van Asaf, die leier onder die Y’hudahiete om die danksegging in gebed te begin en Bakbukyah, die tweede in rang tussen sy broers en `Avda, die seun van Shamua, die seun van Galal, die seun van Y’dutun.

18. Al die Leviete in die afgesonderde stad was twee honderd vier en tagtig.

19. Verder die poortwagters: `Akkuv, Talmon en hulle broers wat wag gehou het by die poorte, was een honderd twee en sewentig.

20. Die res van Yisra’el, van die priesters en Leviete, was in al die stede van Y’hudah, elkeen in sy erfdeel

21. en hulle diensknegte het elkeen in beheer van sy werk en sy ploeg tot rus gekom.

22. Die toesighouer van die Leviete in Yerushalayim, wat bedien het oor die werk van die huis van God, was `Uzi, die seun van Bani, die seun van Hashavyah, die seun van Mattanyah, die seun van Mikhah, van die nageslag van Asaf, die sangers,

23. want daar was ’n bevel van die koning aangaande hulle en ’n verklaring aangaande die sangers, daagliks.

24. P’tagyah, die seun van Mesheizav’el, van die nageslag van Zerag, die seun van Y’hudah, was in bevel van wat ook al die koning beveel het, aangaande elke persoon en oor die tel van die mense

25. en oor hulle toesighouers, hulle dorpies en hulle lande. Sommige van die seuns van Y’hudah het in Kiryat-Arba en sy dorpies gebly, in Divon en sy dorpies, in Y’kabze’el en sy dorpies,

26. in Yeshua, in Moladah, in Beit-Pelet,

27. in Hatzar-Shu’al, in Be’er-Sh’va en in hulle dorpies,

28. in Ziklag, in M’khonah en sy dorpies,

29. in `Ein-Rimmon, in Tzor’ah, in Yarmut,

30. Zanoag, Adullam en hulle dorpies, Lakhish en sy buiteveld, `Azekah en sy dorpies en hulle het gebly vanaf Be’er-Sh’va, sover as tot by die Hinnomvallei.

31. Die seuns van Binyamin het gebly vanaf Geva in Mikhmas, `Ai, Beit-El en hulle dorpies,

Lees volledige hoofstuk Negemyah 11