Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 10:23-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Hoshea, Hananyah, Hashuv,

24. HaLogesh, Pilga, Shovek,

25. Regum, Hashavnah, Ma’aseiyah,

26. Agiyah, Hanan, `Anan,

27. Mallukh, Harim, Ba’anah.

28. Die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die tempelknegte en almal van die volke van die lande wat hulleself afgesonder het om terug te keer na die wet van God, hulle, sowel as hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters en almal wat kennis en begrip het,

29. het hulle broers en hul naaste versterk en ’n eed gesweer en ’n verbond aangegaan om in God se wet te leef, wat Hy deur Moshe, die dienskneg van God, gegee het en om al die opdragte van יהוה, ons Meester en Sy oordele en instellings te bewaar en te doen;Gen 24:37-38,44; Deut 7:3

30. dat ons nie ons dogters aan die mense van die land sou gee nie en ook nie hulle dogters vir ons seuns vat nie;

31. as die volke van die land koopware of voorsiening bring om op die Shabbatdag te verkoop, sal ons dit nie van hulle koop nie en wie ook al sy dier op die Shabbat sal laat werk, sal nie gehuur word nie; ook mag hy nie ’n vrag op die Shabbatdag dra nie, want dit is afgesonderd en in die sewende jaar sal ons alle skuld wat aan ons verskuldig is afskryf.

32. Ons bevestig ook oor onsself die opdrag, om ’n derde van ’n sikkel op die Shabbat te gee vir die werk van die huis van ons God,

33. vir die brode van die Teenwoordigheid, die voortdurende graanoffer en die voortdurende brandoffers van die Shabbatte, van die Nuwemane, die feeste en vir die afgesonderde dinge en vir die sondoffers om vir Yisra’el toedekking te doen en vir al die werk in die huis van ons God

Lees volledige hoofstuk Negemyah 10