hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hulle wat ’n eed geneem en dit verseël het, was: Negemyah, die goewerneur, die seun van Hakhalyah, Tzedekyah,

2. S’rayah, `Azaryah, Yirmeyah,

3. Pash’gur, Amaryah, Malkiyah,

4. Hattush, Sh’vanyah, Mallukh,

5. Harim, M’remot, `Ovadyah,

6. Dani’el, Ginton, Barukh,

7. Meshullam, Aviyah, Miyamin,

8. Ma’azyah, Bilgai, Sh’ma’yah; dit was die priesters.

9. Die Leviete was: Yeshua, die seun van Azanyah, Binui van die seuns van Henadad, Kadmi’el

10. en hulle broers: Sh’vanyah, Hodiyah, K’lita, P’layah, Hanan,

11. Mikha, Regov, Hashavyah,

12. Zakur, Sherevyah, Sh’vanyah,

13. Hodiyah en die seuns van Bani.

14. Die leiers van die volk: Par’osh, Pagat-Mo’av, `Eilam, Zattu,

15. die seuns van `Azgad, die seuns van Adoniyah

16. Bigwai, `Adin,

17. Ater, Hizkiyahu, `Azzur,

18. Hodiyah, Hashum, Betzai,

19. Harif, `Anatot, Neivai,

20. Magpi’ash, Meshullam, Hezir,

21. Mesheizav’el, Tzadok, Yadua,

22. P’latyah, Hanan, `Anayah,

23. Hoshea, Hananyah, Hashuv,

24. HaLogesh, Pilga, Shovek,

25. Regum, Hashavnah, Ma’aseiyah,

26. Agiyah, Hanan, `Anan,

27. Mallukh, Harim, Ba’anah.

28. Die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die tempelknegte en almal van die volke van die lande wat hulleself afgesonder het om terug te keer na die wet van God, hulle, sowel as hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters en almal wat kennis en begrip het,

29. het hulle broers en hul naaste versterk en ’n eed gesweer en ’n verbond aangegaan om in God se wet te leef, wat Hy deur Moshe, die dienskneg van God, gegee het en om al die opdragte van יהוה, ons Meester en Sy oordele en instellings te bewaar en te doen;Gen 24:37-38,44; Deut 7:3

30. dat ons nie ons dogters aan die mense van die land sou gee nie en ook nie hulle dogters vir ons seuns vat nie;

31. as die volke van die land koopware of voorsiening bring om op die Shabbatdag te verkoop, sal ons dit nie van hulle koop nie en wie ook al sy dier op die Shabbat sal laat werk, sal nie gehuur word nie; ook mag hy nie ’n vrag op die Shabbatdag dra nie, want dit is afgesonderd en in die sewende jaar sal ons alle skuld wat aan ons verskuldig is afskryf.

32. Ons bevestig ook oor onsself die opdrag, om ’n derde van ’n sikkel op die Shabbat te gee vir die werk van die huis van ons God,

33. vir die brode van die Teenwoordigheid, die voortdurende graanoffer en die voortdurende brandoffers van die Shabbatte, van die Nuwemane, die feeste en vir die afgesonderde dinge en vir die sondoffers om vir Yisra’el toedekking te doen en vir al die werk in die huis van ons God

34. en hulle het die lot gewerp tussen die priesters, die Leviete en die volk vir die lewering van hout, om dit in die huis van יהוה, ons God, te bring, soos dit in die boek van die wet geskryf is;

35. om die eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van al die vrugtebome jaar na jaar na die huis van יהוה te bring;

36. ook die eersgeborenes van ons seuns en ons beeste, soos dit geskryf is in die wet van יהוה en die eerstelinge van ons troppe en ons kleinvee te bring na die huis van ons God, na die priesters wat diens doen in die huis van ons God;

37. om die eerstelinge van ons deeg, ons parskuip en van die vrugte van alle soorte bome, van wyn en van olie, te bring na die priesters wat bedien voor ons God en die tiendes van ons grond aan die Leviete sodat die Leviete die tiendes mag vat vanaf al die landelike dorpe.

38. Die priester, die seun van Aharon, moet ingesluit word by die Leviete in die verdeling van hulle tiendes en die Leviete moet ’n tiende van die tiendes na die huis van ons God bring, na die stoorkamers in die skathuis,

39. want die seuns van Yisra’el en die seuns van Levi sal die offers van graan, die wyn en olie bring na die stoorkamers waar die artikels van die Afgesonderde Plek is en die priesters, die Leviete, die poortwagters en die wagte sal nie die huis van ons God in die steek laat nie.