Ou Testament

Nuwe Testament

Mikhah 5:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. (5:4) Hierdie Een sal ons Vrede, Gesondheid, Voorspoed en Vergenoegdheid wees. Wanneer Ashur ons land inneem, wanneer hy op ons kastele trap, dan sal ons sewe herders en agt leiers van manne teen hom oplig.

6. (5:5) Hulle sal herder wees oor die land Ashur met die swaard, die land van Nimrod by sy ingange en Hy sal ons van Ashur bevry, wanneer hy ons land aanval en ons grondgebied vertrap,

7. (5:6) dan sal die wat van Ya’akov oorbly onder baie volke wees soos dou vanaf יהוה, soos reënbuie op plante, wat nie vir die mens wag of vertoef vir die seuns van die mens nie.

8. (5:7) Die wat oorbly van Ya’akov sal tussen die nasies, onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy verbytrek, vertrap en verskeur en daar is niemand wat red nie.

9. (5:8) Jou hand sal teen jou teëstanders opgelig wees en al jou vyande sal afgesny word.”

Lees volledige hoofstuk Mikhah 5