Ou Testament

Nuwe Testament

Mikhah 1:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want let op, יהוה kom vanuit Sy plek. Hy sal afkom en loop op die hoë plekke van die aarde.

4. Die berge sal onder Hom smelt en die valleie oopskeur, soos was voor die vuur, soos water wat by ’n skuins plek afgegooi word;

5. dit alles vanweë die rebellie van Ya’akov en vanweë die sondes van die huis van Yisra’el. Wat is die rebellie van Ya’akov? Is dit nie Shomron nie? Wat is die hoë plek van Y’hudah? Is dit nie Yerushalayim nie?

6. Ek sal Shomron ’n puinhoop maak in die oop veld, ’n plek om wingerdstokke te plant. Ek sal haar klippe in die vallei afgooi en haar fondamente blootlê.

7. Al haar afgode sal stukkend gebreek word, al haar verdienstes sal met vuur verbrand word en al haar beelde sal Ek verwoes, want hulle is versamel vanuit ’n hoer se verdienstes en tot die verdienste van ’n hoer sal dit terugkeer.

8. As gevolg hiervan sal ek rouklaag en huil; sal ek kaalvoet en kaal loop; ek sal kla soos die jakkals en treur soos die volstruis,

9. want haar wond is ongeneeslik, want dit het na Y’hudah toe gekom; dit het die poort van my volk bereik, tot by Yerushalayim.

Lees volledige hoofstuk Mikhah 1