Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 6:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die vuur op die altaar moet daarop aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie en die priester moet elke oggend hout daarop aan die brand steek en die brandoffer daarop reg uitlê en die stukke vet van die vredesoffer daarop brand en in rook laat opgaan.

13. Vuur moet altyddeur op die altaar brand; dit mag nie doodgaan nie.

14. Dit is die wet van die graanoffer: die seuns van Aharon moet dit voor יהוה aanbied, voor die altaar.

15. Dan moet een van hulle van die graanoffer se fyn meel ’n handvol vat, met sy olie en al die wierook wat op die graanoffer is en hy moet dit op die altaar in rook laat opgaan vir ’n aangename geur as ’n herdenking tot יהוה.

16. Wat daarvan oorbly, moet Aharon en sy seuns eet; as ongesuurde brode moet dit op ’n afgesonderde plek geëet word; in die voorhof van die Tent van Ontmoeting moet hulle dit eet.

17. Dit mag nie met suurdeeg gebak word nie. Ek het dit gegee as hulle deel van my offers wat met vuur gebring word. Dit is heeltemal afgesonderd, soos die sondoffer en die oortredingsoffer.

18. Almal wat manlik is onder die seuns van Aharon mag dit eet. Dit is ’n ewige instelling vir julle geslagte aangaande die offers wat met vuur gebring word tot יהוה. Almal wat daaraan raak, sal afgesonderd wees.’”

19. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

Lees volledige hoofstuk Levitikus 6