Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 5:16-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Hy moet vergoeding gee vir wat hy ten opsigte van die afgesonderde dinge gesondig het en nog ’n vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee. So moet die priester vir hom toedekking doen deur die oortredings-offerram en dit sal hom vergewe word.

17. As iemand sondig en onbewus enigiets doen wat deur die opdragte van יהוה verbied word, is hy skuldig en moet hy sy straf dra.

18. Hy moet van die kleinvee, ’n ram sonder gebrek, as oortredingsoffer, volgens jou beraming, na die priester bring en die priester moet vir hom toedekking doen vir sy onbewuste fout en dit sal hom vergewe word.

19. Dit is ’n oortredingsoffer; hy het sekerlik voor יהוה skuldig geword.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 5