Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hulle moet afgesonderd wees tot hulle God en die Naam (Karakter en Outoriteit) van hulle God nie onteer nie, want hulle offer die offers van יהוה met vuur en die brood van hulle God; daarom moet hulle afgesonder wees.

7. Hulle mag geen vrou trou wat hoereer of ’n onteerde is nie en ’n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie trou nie, want hy is afgesonder tot sy God.

8. Jy moet hom daarom afsonder omdat hy die brood van jou God offer. Hy moet vir jou afgesonder wees, want Ek, יהוה, is Afgesonder, wat julle afsonder.

9. As die dogter van ’n priester haarself onteer deur te hoereer, onteer sy haar vader. Sy moet met vuur verbrand word.

10. Die hoofpriester onder sy broers, op wie se kop die salfolie uitgegooi is en wat afgesonder is om die klere aan te trek, mag sy kop nie ontbloot en sy klere nie skeur nie

11. en hy mag naby geen dooie kom nie en hom selfs nie vir sy vader en moeder onrein maak nie;

12. hy mag ook nie uit die Afgesonderde Plek uitgaan nie sodat hy die Afgesonderde Plek van sy God nie onteer nie, want die toewyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is יהוה.

13. Hy moet ’n vrou vat wat ’n maagd is.

14. ’n Weduwee, een wat verstoot is, ’n onteerde of ’n hoer, moet hy nie vat nie, maar ’n maagd uit sy eie volk, moet hy as vrou vat

15. sodat hy nie sy saad onder sy volksgenote onteer nie, want Ek is יהוה, wat hom afsonder.’”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 21