Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. hy mag ook nie uit die Afgesonderde Plek uitgaan nie sodat hy die Afgesonderde Plek van sy God nie onteer nie, want die toewyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is יהוה.

13. Hy moet ’n vrou vat wat ’n maagd is.

14. ’n Weduwee, een wat verstoot is, ’n onteerde of ’n hoer, moet hy nie vat nie, maar ’n maagd uit sy eie volk, moet hy as vrou vat

15. sodat hy nie sy saad onder sy volksgenote onteer nie, want Ek is יהוה, wat hom afsonder.’”

16. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

17. “Praat met Aharon en sê: ‘Niemand uit jou nageslag, in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die kos van sy God te offer nie,

18. want niemand met ’n liggaamsgebrek, mag naderkom nie: ’n man wat blind of lam of vermink of misvorm is,

19. of ’n man wat ’n gebreklike voet of hand het,

20. of wat ’n boggel het of ’n dwerg of wat ’n vlek in sy oog het of skurfte of uitslag het of vergruisde skaamdele het.

21. Geen man uit die nageslag van Aharon, die priester, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die offers deur vuur tot יהוה te offer nie. ’n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die kos van sy God te offer nie.

22. Hy mag van die kos van sy Magtige God eet, beide die mees afgesonderde en die afgesonderde,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 21