Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 2:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As iemand aan יהוה ’n graanoffer bring, moet sy offer van fyn meel wees en hy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit.

2. Hy moet dit na die seuns van Aharon, die priesters, bring en een moet ’n volle handvol van die fyn meel met die olie vat, met al die wierook en hy moet dit as die deel van die herdenkingsoffer op die altaar brand en in rook laat opgaan, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.

3. Wat oorbly van die graanoffer, is vir Aharon en sy seuns. Van die offers wat met vuur tot יהוה gebring word, is dit ’n mees afgesonderde ding.

4. As jy ’n graanoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit ongesuurde koeke van fyn meel wees, met olie gemeng of ongesuurde platkoeke met olie gesmeer.

5. As jou offer ’n graanoffer is wat op ’n plaat gebak is, moet dit van fyn meel wees met olie gemeng en ongesuurd.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 2