Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:55-59 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

55. Die priester moet die kol ondersoek nadat dit gewas is en as die kol nie sy kleur verander het nie, hoewel die plek nie versprei het nie, dan is dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit hou aan om weg te vreet, aan die binne of buitekant.

56. As die priester dit ondersoek nadat dit gewas is en dit dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag, uitskeur.

57. As dit weer in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leer voorwerp verskyn, dan moet jy die melaatse voorwerp met vuur verbrand.

58. As die kol uit die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leer voorwerp wat jy was, verdwyn het, moet dit nog ’n keer gewas word en dit sal rein wees.

59. Dit is die wet aangaande die plaag van melaatsheid in ’n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leer voorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13