Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 10:16-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Moshe het ernstig navraag gedoen na die sondofferbok en let op, dit is verbrand! Hy was baie kwaad vir El’azar en Itamar, die seuns van Aharon wat oorgebly het en het gesê:

17. “Waarom het julle die sondoffer nie op ’n afgesonderde plek geëet nie, aangesien dit heeltemal afgesonderd is? Hy het dit vir julle gegee om die skuld van die vergadering weg te vat, om toedekking vir hulle te doen voor die Teenwoordigheid van יהוה.

18. Let op, die bloed daarvan is nie binne-in die Afgesonderde plek ingebring nie. Julle moes dit sekerlik in die Afgesonderde plek geëet het, soos ek beveel het.”

19. Aharon sê vir Moshe: “Let op, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag die sondoffer geëet het, sou dit aanvaarbaar gewees het in die oë van יהוה?”

20. Toe Moshe dit hoor, was dit goed in sy oë.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 10