Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 10:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Moshe het met Aharon gepraat en met sy oorlewende seuns El’azar en Itamar: “Vat die graanoffer wat van die offers wat deur vuur gebring word tot יהוה oorgebly het en eet dit sonder suurdeeg langs die altaar, want dit is heeltemal afgesonderd.

13. Julle moet dit op ’n afgesonderde plek eet, want dit is jou en jou seuns se deel uit die offers wat met vuur gebring word tot יהוה; so is ek beveel.

14. Julle moet ook die bors van die waaioffer en die boud van die opligoffer op ’n rein plek eet, jy, jou seuns en jou dogters saam met jou, want dit is die deel wat jou en jou seuns toekom, gegee uit die vredesoffers van die seuns van Yisra’el.

15. Die boud van die opligoffer en die bors van die waaioffer moet hulle saam met die vet, wat as offers van vuur is, bring om as waaioffer voor die Teenwoordigheid van יהוה te waai en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou, ’n deel wees volgens die ewige instelling, soos יהוה beveel het.”

16. Moshe het ernstig navraag gedoen na die sondofferbok en let op, dit is verbrand! Hy was baie kwaad vir El’azar en Itamar, die seuns van Aharon wat oorgebly het en het gesê:

17. “Waarom het julle die sondoffer nie op ’n afgesonderde plek geëet nie, aangesien dit heeltemal afgesonderd is? Hy het dit vir julle gegee om die skuld van die vergadering weg te vat, om toedekking vir hulle te doen voor die Teenwoordigheid van יהוה.

18. Let op, die bloed daarvan is nie binne-in die Afgesonderde plek ingebring nie. Julle moes dit sekerlik in die Afgesonderde plek geëet het, soos ek beveel het.”

19. Aharon sê vir Moshe: “Let op, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag die sondoffer geëet het, sou dit aanvaarbaar gewees het in die oë van יהוה?”

20. Toe Moshe dit hoor, was dit goed in sy oë.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 10